2020 LNR Meester Suiwelboer Toekennings

Meester Suiwelboer 2020

Die jaarlikse Landbou Navorsingsraad (LNR) se Nasionale Meester Suiwelboer toekenningsgeleentheid is op Woensdag 21 Oktober 2020 as ‘n virtuele geleentheid aangebied deur Agri-Expo, namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR. Die gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou.

Die toekenningsgeleentheid is geopen deur dr Shadrack Moephuli, LNR-President en uitvoerende hoof. Hy het die belangrikheid van voortgesette belegging in navorsing en ontwikkeling beklemtoon, om tegnologies gevorderde instrumente vir die verbetering van diere te verseker, veral vir doeltreffende seleksie en teling in ‘n era van verhoogde landbourisiko’s. Dr Moephuli het erkenning gegee aan die aanpasbaarheid en innovasie van suiwelboere in die lig van daaglikse uitdagings soos ‘n verminderde vraag as gevolg van die Covid-19-pandemie inperking. “Droogte het boere gedwing om na alternatiewe produksiestelsels te kyk en die teling van droogtebestande voerkultivars het ‘n prioriteit geword,” het dr Moephuli gesê.

Volgens dr Jakkie du Toit, Navorsings-bestuurder van die LNR Melkaantekening- en Verbeteringskema, is die doel van die Meester Suiwelboer kompetisie om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon.

Die wenners van vanjaar se LNR se Meester Suiwelboer Toekennings is:

• LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2020:
PE Loubser (Johannes Loubser), Durbanville, Wes-Kaap
• LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2020:
MJ Zim (wyle Jan Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat
• LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n Suiwelprodusent van die Jaar 2020:
Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap
• LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2020:
E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap met 155 000 selle / ml
• LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2020:
Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Swellendam, Wes-Kaap met ‘n tussenkalfperiode van slegs 376 dae

Dr Andrew Magadlela, LNR Groepbestuurder: Diere Wetenskappe, het in sy bedanking erkenning gegee aan die strategiese vennote van die geleentheid, insluitend Mooketsa Ramasodi, Adjunkdirekteur-generaal (DDG): Landbouproduksie, gesondheid en voedselveiligheid, en die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Nova Feeds, Meadow Feeds, Afgri Feeds, Allflex, Warwick Estate, OK Foods, Darling Romery en Vredenheim Wines.

Belangstellendes kan steeds die virtuele toekenningsgeleentheid kyk by www.livestock.org.za/arcmasterdairymanawards.
Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel ‘n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste, wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname. Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter, wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid, werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal. Vir meer inligting, kontak dr Jakkie du Toit by dtoitj@arc.agric.za of 021 809 3515.

Die finaliste in die onderskeie kategorieë was:
LNR streeksfinaliste vir kleinskaal Meester Suiwelboer van die jaar 2020
Loyiso Consultants Projects, Kokstad, KwaZulu Natal
MJ Zim, Kestell, Vrystaat

LNR streeksfinaliste vir Meester Suiwelboer van die Jaar 2020

JK Basson Familie Trust, Darling, Wes-Kaap
Rhodes Food Group, Simondium, Wes-Kaap
PE Loubser, Durbanville, Wes-Kaap
Sieberhagen & Seuns, Cradock, Oos-Kaap
Robertson Broers, Karatara, Wes-Kaap
Foundation Jersey Farm, Weenen, Kwazulu Natal
JF Theron, Barrydale, Wes-Kaap
J & H Sieberhagen, Cradock, Oos-Kaap
JJ Nel Familie Trust, Ladismith, Wes-Kaap
HJ Rall, Barrydale, Wes-Kaap
RB Redelinghuys Jnr, Heidelberg, Gauteng
Keyser Boerdery, Heidelberg, Wes-Kaap
Fredskraal Holsteins, Port Elizabeth, Oos-Kaap
E Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap
Tweekop Boerdery, Heidelberg, Wes-Kaap
Drie Susters, Durbanville, Wes-Kaap
Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Boer van die maand

Boer van die Maand: Nollie Stofberg

Nollie Stofberg Ons boer van die maand vir Oktober is Nollie Stofberg van Swartwalle, Houmoed en Platdrif in die Rawsonville omgewing....
Education is key to improving the African agribusiness

Education is key to improving the African agribusiness

The South African agribusiness pool is filled with ample opportunities. Despite the various challenges facing the regional sectors, there seems to be a silver-lining for...
Water quality monitoring for aquaculture

New technology for water quality monitoring in intensive aquaculture

Aquaculture is increasingly considered as an integral component in the search for global world food security and economic development. The monitoring of farming processes can...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements