Afrika bolwurm is ‘n gevaarlike kalant

Afrika bolwurm

Die Lepidoptera orde in die wêreld van ongewerweldes is legio. Wonderlike vlinders en interessante motte is onder die gevleueldes wat onder ander ook met bestuiwing van baie blomplante te doene het. Daar is egter ‘n paar spesies onder die groot aantal van nagenoeg 180 000 soorte vlinders en motte wat die landbou se groot vyande is. Verlede jaar het die herfskommandowurm, oftewel Spodoptera frugiperda Suid-Afrika se gewasboere totaal onkant gevang en veral vir kleiner mielieboere geweldige skade veroorsaak. Boere is gewoond aan ‘n hele paar “wurms” wat gewasse takel maar toe die standaard plaagdoders teen die nuwe wurm faal, was dit duidelik dat ons met ‘n nuwe indringer te doene gehad het en Afrika bolwurm is ‘n gevaarlike kalant.

Miskien het die landswye fokus op die herfskommandowurm die landbousektor se aandag van die bekende plae afgelei, want in die begin van die 2017 somer het koring- en kanolaboere in die Wes-Kaap een van die ergste uitbrake van die bekende Afrika bolwurm beleef. Dit was behoorlik chaos met ‘n vrees dat die uitbraak die hele kanola-oes sou kelder. ’n Gepaardgaande probleem was die tekort aan metomiel wat gebruik kon word om die wurm hok te slaan. Metomiel is uiters effektief en alhoewel hierdie karbamaat baie giftig is, breek dit baie vinnig af en skakel die risiko van vergiftiging uit. Helicoverpa armigera (die Afrika bolwurm) is ‘n gedugte vyand wat allerhande skades aan kontakgewasse, groente en vrugte kan veroorsaak. Dit is kommerwekkend dat boere onverhoeds deur die Afrika bolwurm betrap is en daarom behoort riglyne voor te hou vir die sinvolle bestuur van hierdie belangrike landbouplaag.

Wanneer gewasse soos kanola aangeplant word, is die plaagbeheersiklus alreeds in volle swang die dag wat die trekkers die laaste pit geplant het. Die natuur se honger hordes sit en wag vir die gewas om te ontkiem en berei hulleself voor om sodanige gewas op die geskikte tyd in te val. Verlede jaar se uitbraak en ook onlangse gevalle in die Wes-Kaapse Overbergdistrik laat weereens die klem op geïntegreerde plaagbeheer (GIP) val. GIP beteken nie noodwendig om allerhande foefies in die beheerprogram in te werk nie maar eerder om slim te werk te gaan.

The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

  • Director Griffon Poison Information Centre ; Operations and Stewardship Manager, CropLifeSA

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Uncategorized
  • Under cover farming
  • Water
The Three Faces of Packaging Materials

The Three Faces of Packaging Materials

The term ‘packaging’ encompasses many disciplines and functions that are used to enclose and protect products (food, clothing, consumer products etc.) for distribution, storage, sale,...
To evaluate the genetic merit of dairy bulls

To evaluate the genetic merit of dairy bulls

Dairy herds consist of lactating and dry (non-lactating) cows, replacement heifers of all ages and often a few dairy bulls. In large commercial dairy herds...
Indigenous vegetables

Indigenous African vegetables can contribute to food security

Several reasons are advanced for the neglect of these commodities despite their higher nutrients content compared to the conventional. They are also known to be...
Posted in

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements