Boer van die Maand: Alle Boere

Boer van die Maand

Die Boer van die Maand reeks fokus op gewone mense, hul boerderyondernemings, lewenstyle en die unieke uitdagings waarmee hulle te make het. Hierdie maand wil ons hulde bring aan al die boere en hul werknemers.

Boere is gewoond aan ongunstige eksterne faktore wat risiko’s inhou en die voortbestaan van hul ondernemings bedreig. Klimaatsverandering, plae en siektes, ‘n wisselvallige geldeenheid, verwoestende weerstelsels en die druk van voedselsekerheid is maar net enkele van die eksterne faktore waarmee hulle jaarliks te kampe het. Die landbou is onder druk om voedsel en vesel doeltreffend en mededingend te produseer om in nasionale en internasionale voedselbehoeftes te voorsien. Covid-19 was maar net nog ‘n unieke uitdaging wat die landbou moes oorkom.

Met die uitbreek van Covid-19 is families, gemeenskappe, lande en ekonomieë onder ongekende druk geplaas. Die boere het egter sterk gestaan te midde van hierdie storm: hulle het nie hul plase toegesluit nie, want boerdery is soveel meer as ‘n besigheid! Hulle dra die verantwoordelikheid om die wêreld te voed.Boere het gehoor gegee aan die oproep van president Ramaphosa tot nasionale optrede. Hulle het deurlopend tydens die grendeltyd genoeg veilige en voedsame kos vir alle Suid-Afrikaners verseker.

Wat boere en plaaswerkers gedoen het, het ‘n groot verskil gemaak. Ons wil elkeen van u bedank vir die moeite wat u gedoen het om te verseker dat Suid-Afrikaners toegang het tot belangrike produkte gedurende hierdie krisistyd.

In tye soos die besef ons die waarde en bydrae van ons voedselsektor. Landbou het ook ‘n deurslaggewende rol gespeel in welwillendheid en nasiebou deur verskeie projekte soos bv. FoodForward te help en te ondersteun om kos te voorsien aan diegene wat dit die nodigste het.

Dit was dus verblydend om op sosiale media te sien dat mense hul waardering teenoor boere, plaaswerkers en die landbou uitgespreek het. Die pandemie het dalk gehelp om mense weer bewus te maak daarvan dat die kos en klere wat so geredelik in winkels beskikbaar is, eintlik hul oorsprong op plase het.

Goeie reënval na etlike jare van droogte het verligting vir baie boere gebring, en tesame met laer rentekoerse en ‘n algehele goeie vraag maak die prentjie ‘n bietjie meer rooskleurig. Boonop lyk die oesskattings vir die nuwe seisoen belowend.

Studies van die ekonomiese gevolge van epidemies en pandemies in 1918, 1957/8, 1968 en 2003 toon ‘n diep, maar steil V-vormige daling en herstel, gevolg deur positiewe groei. Ons glo dat ons dieselfde sal ervaar. Ons glo veral dat die positiewe kant van die menslike natuur sal oorneem. Die vreugde om die krisis te oorleef, sal almal stimuleer om te werk, te belê en te bestee.

Die wêreld het ‘n unieke tydperk in sy geskiedenis beleef, en niemand van ons het ‘n reëlboek gehad om te volg nie. Maak nie saak wie jy is of waar jy woon nie, die gevolge van Covid 19 sal nog baie lank gevoel word, maar te danke aan elke boer en plaaswerker het ons genoeg veilige en voedsame kos.

Baie dankie.

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Boer van die Maand: Martli Slabber

Boer van die Maand: Martli Slabber

Die Boer van die Maand reeks fokus op gewone mense, hul boerderyondernemings, leefstyl en hul unieke uitdagings. Ons kyk ook na die groter gemeenskap en...
Fall Armyworm and its Allies

Fall Armyworm and its Allies

Integrated pest management remains key in ensuring the tools that are developed for farmers to combat pests and diseases, remain relevant for as long as...
Global Sustainable Technology and Innovation

Global Sustainable Technology and Innovation

The Energy and Resources Institute (TERI) in India, in partnership with VITO, a not-for profit research and technology organization in Belgium, along with other partners...
Posted in ,

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements