Boer van die Maand: Ernst Stofberg

Ernst Stofberg en gesin

Ons kuier vandeesmaand by  die boer van die maand: Ernst Stofberg van Dwarsberg Plaas en Dwarsberg Trout Hideaway, Louwshoek, Rawsonville in die Wes-Kaap.

Ernst Stofberg

Dwarsberg Plaas is in 1975 aangekoop deur Ernst se pa, Ernst Gabriel Stofberg. Die plaas het toe slegs ‘n paar droëland appelkoos en perske boorde gehad wat destyds gedroog is vir die droëvrugtemark. Op daardie stadium was daar nog geen krag op die plaas nie. ‘n Vyf kilometer kraglyn is mettertyd aangelê wat die uitbreidingspotensiaal aansienlik verhoog het. Die bou van ‘n plaasdam in 1976, het ‘n groot gedeelte van die plaas onder gravitasie druk gebring terwyl die installering van pompe in die Holslootrivier as addisionele waterbron, ‘n effektiewe besproeiing stelsel tot gevolg gehad het. Sedertdien is die plaas verbeter tot ‘n hoogs gespesialiseerde eenheid.

Ernst het sy passie en liefde vir boerdery begin uitleef toe hy Dwarsberg 25 jaar gelede van sy pa geërf het. Hy het die onderneming uitgebrei tot twee regsentiteite, naamlik Dwarsberg Plaas en Dwarsberg Trout Hideaway.

Op Dwarsberg Plaas word daar met wyndruiwe; kernvrugte; sitrus; avokado’s; botterskorsies en skouhoenders geboer. Die plaas entiteit word deur ‘n direksie bestaande uit EG Stofberg (Snr) en EG Stofberg (Jnr) beheer, met EG (Jnr) (B.Comm Landbouekonomie) en Diaan Huskisson (B.Agric) as plaasbestuurders. Dwarsberg plaas verskaf werk aan 25 permanente en 9 tydelike werkers.

Ernst het die Dwarsberg Trout Haven 25 jaar gelede begin ontwikkel met die aanvanklike restourasie en ombouing van twee kothuise. Daarna is daar nog twee luukse kothuise opgerig. ‘n aanvanklik Beperkte kampeerplek fasiliteit is stelselmatig uitgebrei tot geriewe en staanplek vir sowat 200 kampeerders.

In 2008 is ‘n troue “venue” toegevoeg wat 170 gaste per geleentheid vir troues en funksies vir korporatiewe kliënte kan hanteer. Daar word tans op 28 van die beskikbare 40 naweke per jaar, troues gehou.The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register
[/membership]

In 2019 is daar drie nuwe Eko-huise opgerig wat op die meer eksklusiewe mark gerig is. Hierdie goed toegeruste twee slaapkamer, twee badkamer eko-huise kan tot 12 gaste huisves en bied ekstra verblyf aan konferensie- en troue gaste. Daar is ook ‘n Bistro en gerieflikheidswinkel.

Ernst en sy vrou, Anchen, is beide direkteure van Dwarsberg Trouthaven, Die egpaar se jongste dogter, Madri, wat tans in haar finale jaar van studie by Aleit Akedemie is, sal einde November 2020 by hulle aansluit. Die oord maak tans voltyds van drie administratiewe persone, een chef en sewe kombuis- en skoonmaakpersoneel gebruik terwyl ander personeel ingehuur word wanneer benodig.

Dwarsberg Trout Haven

Ernst sê,“Ons hier op Dwarsberg is geseënd met besonderse natuurskoon asook genoegsame water. Dit het gelei tot ‘n baie voordelige simbiotiese verhouding tussen die plaas en die gasvryheid bedrywighede ter plaatse. Ons het byvoorbeeld reeds voor die inperking maatreëls, ‘n 100% besetting syfer vir die verskillende tipes verblyf oor naweke gehad”.

Met ‘n bemarkingsdiploma agter sy naam glo Ernst dat diversifikasie uiters noodsaaklik is ten einde die meeste uit die plaas se bates en natuurlike hulpbronne te kry. Ernst sê hieroor: “Ons grootskaalse aanplanting van avokado’s is ‘n eerste vir die Wes-Kaap. Ons het vooraf deeglike navorsing gedoen oor die verskeidenheid variëteite wat geskik sou wees asook die periode waarin die produk reg sou wees vir doeltreffende bemarking. Die aanplantings vorder goed en daar is groot opgewondenheid oor dié nuwe geleentheid”.

Vir soverre dit die aangeplante nuwe sitrus betref, verwag Ernst reeds hul eerste drag binne twee jaar.

Daar is algemene konsensus by hul bestuur dat die mees onontginde geleentheid op die plaas tans die gebrek aan die waardetoevoeging ketting is. Hoewel nog in ‘n konseptuele fase, het hy en sy span reeds begin met beplanning in die opsig.

Op ons vraag waaraan hy sy suksesse op kan toeskryf, het hy die volgende gelys:

  • Deeglike en vroegtydige navorsing
  • Goed deurdagte bestuurspraktyke
  • Doeltreffende struktuur en deurgaanse dissipline
  • Konstante Innovasie

Diversifikasie

  • Goeie kontantvloei en finansiële bestuur
  • Toegewyde, ingeligte en lojale personeel
  • Hy sê voorts: “Verandering is die enigste manier om vooruit te gaan. Daar was by ons nog altyd ‘n groot belangstelling in wat in die mark (plaaslik en internasionaal) gebeur. Ons bespreek moontlike nuwe idees en tegnieke gereeld met plaaslike kenners en maak sover moontlik van hul kennis en aanbevelings gebruik wanneer uitbreidings beplan en uitgevoer word”.

Soos enige ander besigheid het Dwarsberg Trout Haven ook sy eie uitdagings. Alhoewel Dwarsberg slegs negentig kilometer van die Kaapse mark geleë is, is dié spesifieke ligging ‘n uitdaging. Die plaas is op ‘n grondpad-pas geleë wat toeganklikheid beperk. Daar moet derhalwe goeie beplanning gedoen word wanneer daar gepars word of enige ander produkte oor die pas vervoer moet word. Vervoerbeplanning moet dus deeglik gedoen word vir verskaffers sowel as klante/gaste.

Volhoubaarheid

Herwinningsbestuur met die oog op volhoubaarheid en die beskerming van die natuurlike hulpbronne is ‘n hoë prioriteit vir Ernst. Deur gebruik te maak van sogenaamde “Recyling bins”, word alle herwinbare afval gesorteer in glas, metaal, plastiek en organies. Die glas, metaal en plastiek word verskaf aan ondernemings wat daarin spesialiseer. Die organiese afval word gestort op ‘n komposhoop vir latere gebruik. Verder word alle ou boorde wat verwyder word, se materiaal opgekerf wat dan op die bankies van nuwe boorde gestrooi word om die organiese materiaal terug in die grond te plaas. Sodoende word die grond opgebou, verdamping beperk en onkruidgroei teëgewerk.

Alle leë gif kanne word ook deur ‘n geakkrediteerde organisasie van die plaas verwyder. Hiernaas is die verwydering van alle uitheemse bome in rivierbeddings ‘n deurlopende prioriteit.

Die benutting van alternatiewe energie bronne is ‘n verdere prioriteit. So byvoorbeeld is alle elektriese waterverhittingstoestelle op Dwarsberg, met omgewingsvriendelike gastoestelle vervang.

Ernst en sy span is tans ook besig met ‘n ondersoek om ‘n sonplaas op te rig asook om die huidige Eskom kragpunte te verminder en na een groter punt waar die sonplaas gebou sal word, te verskuif.

Om water te bespaar word daar by wyse van hul eie weerstasie daaglikse monitering gedoen, gereelde analises uitgevoer en aanpassings gemaak om optimale watertoediening te verseker
Verder word met alle nuwe aanplantings oorgeskakel na drupbesproeiing wat ‘n groot besparing op waterhulpbronne tot gevolg het.

Voedselsekerheid en –veiligheid

Ernst en sy span is tans besig om die wyndruif-vertakking van die plaas kleiner te maak om grond beskikbaar te stel vir die aanplanting van vrugte boorde wat ‘n meer volhoubare bydrae tot voedselsekerheid sal lewer. In soverre dit voedselveiligheid betref voldoen Dwarsberg aan al die vereistes van akkreditasies van byvoorbeeld Global G.A.P, WIETA en SIZA.

Sosiale verantwoordelikheid en trusteeskap

Dwarsberg is daartoe verbind om alle werkers op die plaas op te hef. Vervoer word elke dag skool-toe verskaf. Die plaas neem ook verantwoordelikheid om toe te sien dat finansies t.o.v. die skoolfondse en subsidies bestuur word. Daar is reeds groot sukses hiermee behaal. Twee van die leerders van plaaswerkers op Dwarsberg – Wayne Apollis, hoofseun (2014) van Goudini Hoërskool, is tans in permanente diens van die plaas en Adriaan Fourie, onderhoofseun (2017), is tans ‘n tydelike werknemer op die plaas.

Met die huidige inperkingmaatreëls, word alle werkers versoek om nie die plaas te verlaat nie, en kos en ander essensiële behoeftes, wat deur een persoon aangekoop word, word op die plaas aan hulle voorsien.

Ernst se raad aan ander boere is:

    • Wees innoverend
    • Ken jou risko’s
    • Beplan vir die kort -en langtermyn
    • Soek vir geleenthede om te diversifiseer
    • Wees bereid om te leer
    • Maak seker jy maak wins
    • Beheer jou kontantvloei
    • Gebruik jou en jou plaas se eie uniekheid tot jou voordeel

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Uncategorized
  • Under cover farming
  • Water
Money must be spent more wisely to control invasive plants in SA

Money must be spent more wisely to control invasive plants in SA

The South African government has spent R7,1 billion (adjusted to 2020 values) between 1998 and 2020 to curb the spread of invasive plants, but we...
Bringing the benefits of plant biotechnology to smallholder farmers

Benefits of plant biotechnology for smallholder farmers

On a daily basis we are confronted with headlines signalling the urgency to address issues concerning the climate crisis, food shortages, our deteriorating environment, and...
A low-cost shade net structure for vegetable production

A low-cost shade net structure for vegetable production

The demand for food and especially vegetables is increasing in the RSA, as a result of e.g., rising living standards. Higher prices are being fetched...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements