Boer van die Maand: Lourens en Ignatius de Jager

Boer van die maand

Ons boer van die maand in die Januarie 2021 uitgawe is Lourens en Ignatius de Jager van Helderwater Boerdery (Edms) Bpk, op die plaas Witfontein, 80 km suid-oos van Kuruman op die Ghaapse plato.

Waar dit als begin het

Boer van die Maand Lourens en Ignatius de Jager

Lourens en Ignatius de Jager met foto’s van Oupa Lourens en pa Ignatius agter

Lourens vertel van die geskiedenis van die De Jagers in Kuruman: ‘’In 1913 het my oupa, Lourens de Jager, van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat getrek na die plaas Witfontein in die Kuruman distrik, met 2000 merinoskaap en nagenoeg 150 donkies. In daardie jare kon jy nie in die Kuruman-distrik met beeste boer nie, omdat daar nie entstof beskikbaar was teen milt- en lamsiekte nie.

Hy is in 1946 oorlede, en my pa, Ignatius de Jager, en sy broer, Paul de Jager, het die familieplaas uit die boedel gekoop. Oom Paul het sy helfte van die familieplaas aan die buurman vervreem, maar die buurman het dit later weer aan my pa terugverkoop. Hy het aanhou boer tot in 1984.

Na die tweede wêreldoorlog kon ‘n mens bees-entstof kry teen miltsiekte en die hele gebied se boere het begin om met melkbeeste te boer. Al die boere het in daardie dae melk gestuur na Reivilo Suiwelkoöperasie, wat op sy dag die grootste kaasfabriek in die Suidelike Halfrond gehad het. Later jare het landbou tot so ‘n mate verander dat boere met vleisbeeste begin boer het en speenkalf-produsente geword het.

In 1984 het ek oorgeneem by my pa en het ek mettertyd ‘n sterk vleisbeeskudde gevestig wat bestaan het uit Brahman en Simmentaler kruisbees. Die boerdery het van krag tot krag gegaan en ek kon grond bykoop, en die hoofvertakking van die boerdery was die produksie van speenkalwers. Ek het ook op ‘n kleiner skaal geboer met skaap en boerbokke.
In 2000 sluit my seun, Ignatius Jnr, by my aan en ons vorm ‘n vennootskap. Tot op hierdie stadium is die boerdery deur die eerste drie geslagte as ‘n eenmansaak bedryf. Ons het saam nog ‘n stuk grond gekoop en met verloop van tyd het daar groot veranderings plaasgevind wat hierdie boerdery omgeskakel het in ‘n familieboerdery.”

Lourens het sy skoolloopbaan voltooi aan NCTC Kimberley, waarna hy ‘n gekwalifiseerde Elektrisiën word en by die asbesmyne in die Kuruman-distrik gaan werk. Later word hy die Bestuurder van die maatskappy Conway Johnson, wat myntoerusting verkoop, voordat hy besluit om te gaan boer.

Ignatius het by HTS Kimberley gematrikuleer, waarna hy by Glen Landbou Kollege te Bloemfontein studeer in Grootveekunde en ook ‘n jaarkursus doen by Bloemfontein Kollege in Landbou Meganika. Na hy sy studies voltooi het, het hy by sy pa aangesluit op die plaas.

Helderwater Boerdery

Beide Lourens en Ignatius het ‘n groot liefde vir hul familiegrond en vir diere (spesifiek beeste) en as jy in die Noord-Kaap met ‘n bees wil boer, is hul grond, op die regte plek geleë. Die boerdery word as ‘n maatskappy bedryf waarvan Lourens en Ignatius beide ‘n 50% aandeel besit. Lourens is in beheer van die boekhouding, bemarking en arbeidsake, terwyl Ignatius is in beheer van die bestuur van die kudde, bestuur van weivelde, bestuur voerkraal en alle instandhouding.The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

[printfriendly]

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
WordPress › Error

There has been a critical error on this website.

Learn more about debugging in WordPress.