Boer van die Maand: Nollie Stofberg

Boer van die maand
Nollie Stofberg

Nollie Stofberg

Ons boer van die maand vir Oktober is Nollie Stofberg van Swartwalle, Houmoed en Platdrif in die Rawsonville omgewing.

Nollie het in 1977 aan die Hoërskool Goudini gematrikuleer en na sy twee jaar diensplig by 1 Valskermbataljon, het hy sy Landbou Diploma in Wingerdbou en Veeteelt aan Elsenburg Landbou Kollege in 1981 voltooi. Nollie vertel, “My Pa was ‘n boer in murg en been. Hy het Swartwalle in 1969 gekoop en Platdrif in 1984. Hy het in 1985 grond aan my beskikbaar gestel om te begin boer. Ek het ‘n passie vir Landbou en die liewe Vader het my geseën met ‘n spesiale talent om dit daarin uit te leef.”

Nollie is getroud met Maláni en die egpaar het 3 seuns. Pieter (28), David (24), David het in 2018 reeds vooruit gegaan na Sy Hemelse Vader, en Nollie Jnr (23)

“Die drie ondernemings bedryf 180 ha wyndruiwe. Die plase Houmoed en Platdrif lewer druiwe aan Du Toitskloof Wynkelder terwyl Swartwalle aan Botha Kelder lewer. Die 72 ha sitrus oes word deur Market Demand Fruits uitgevoer. Nollie bedryf ook sedert 1994 ‘n Sussex Stoet, naamlik Platdrif Sussex.

Nollie se oudste seun Pieter, het ‘n BAgric Landbou Ekonomie graad aan Stellenbosch Universiteit verwerf in 2014 en boer sedert 2016 saam op die plaas Swartwalle. Hy is ook betrokke by alle aspekte van die ander ondernemings soos sagte sitrus en die bestuur van die bekende Sussex stoet.

Die jongste seun, Nollie, is tans besig met sy Honneurs in Aktueriële Wetenskap en behartig die aanlyn bemarking van die Sussex stoet.
Maláni, behartig die administatiewe deel van die boerdery en kweek en verskaf krismisrose aan die blomme bedryf”, verduidelik Nollie.

Diversifikasie

Vir Nollie is diversifikasie die goue sleutel tot sukses in die landbou, “Om vandag die uitdagings in die landbou te oorkom moet jy geloof en vertroue in ons Hemelse Vader hê en jy moet boer vir die Dollar, Euro en Pond. Ek streef daarna om buitelandse kapitaal in my boerdery te genereer om sodoende vertikaal uit te brei. Ons omgewing is geseënd met uitstekende klimaat, water en hoë potensiaal gronde. Dit is hoofsaaklik die rede waarom hy die laaste vier jaar aggressief die sitrus vertakking uitgebrei het.The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register
[/membership]

Ek bedryf op die ongeveer 400 ha marginale grond van die plaas Platdrif ‘n Sussex Stoetery wat baie waarde toevoeg tot die boerdery. Die stoet bestaan uit 75 top teeldiere. Dit is belangrik om waarde te ontsluit deur die beste genetika in die veebedryf beskikbaar te stel, deur vertikaal te boer en sodoende ons inkomste per hektaar te maksimaliseer”.

Bestuur en bevordering van natuurlike hulpbronne

Die bestuur en bevordering van natuurlike hulpbronne op sy eiendom is belangrik vir Nollie. Alle ou boorde/wingerd wat uitgehaal word se materiaal word opgekap/gekerf. Dié materiaal word gebruik om op die bankies van die nuwe aangeplante boorde te strooi. Sodoende word die grond opgebou, verdamping word beperk en onkruidgroei teëgewerk. Alle Gifkanne word deur ‘n geakkrediteerde organisaie van die plaas verwyder. Daar is ook ‘n vogmetingstelsel wat optimale watertoediening verseker. Alle nuwe aanplantings word omgeskakel na drupbesproeiing om groot besparing op waterhulpbronne tot gevolg te hê.

Sosiale verantwoordelikheid en trusteeskap

Die ondernemings verskaf werk aan 100 mense reg deur die jaar as gevolg van die verskeie vertakkings wat hy bedryf. Daar word jaarliks 60 seisoenwerkers gebruik met die oes en snoei van die sitrus. Die werkers word ook elke tweede week na die dorp vervoer, sodat hul inkopies kan doen. Die voorskoolse kinders van die plase word na chreches vervoer om te verseker dat hul grondslagfase op ‘n hoë standaard begin. Die plaas Swartwalle besit  ‘n gemeenskapsaal wat deur Waitrose Foundation befonds word. Die saal word onder andere gebruik vir opleiding van die werkers.

Voedselsekerheid en -veiligheid

“Ons is tans besig om die wingerd vertakking van die plase kleiner te maak om grond beskikbaar te stel vir uitbreidings van sitrusboorde, wat ‘n meer volhoubare bydrae tot voedselsekerheid sal lewer. Al die plase voldoen aan al die vereistes van akkreditasie bv. Global Gap, Wieta en Siza en Fairtrade. Die beesvertakking lewer ook die maksimum kilogram vleis per hektaar om voedselsekerheid te bevoordeel”, aldus Nollie.

Toekennings

Die boerdery het al verskeie toekennings ontvang. Nollie vertel, “Ek het vir tien jaar aan die KVW wingerdblok-kompetisie deelgeneem, waarvan ek vyf keer die algehele wenner was van die Worcester streek. Tydens die Sussex se Suid Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein 2018 is die Platdrif Sussex stoet aangewys as Teler van Kampioene en verower hulle destyds ook die Goue beker tydens die Interras-kompetisie.”

Nollie beskryf die resep vir sy sukses, “Om reeds vroeg in jou loopbaan innoverend te dink, te diversifiseer in vertakkings wat mekaar komplimenteer. Om suksesvol te wees is maar net genade op genade van Bo. Die verskillende vertakkings komplimenteer mekaar deurdat die wyndruiwe op die “buite” gronde geplant word en die sagte sitrus op die hoë potensiale gronde, in teenstelling met die beeste wat die marginale gronde benut.”

Hy beskryf die grootste uitdagings in boerdery vandag as:

  • Grondhervorming sonder vergoeding tydens onteiening
  • Beskerming van natuurlike hulpbronne
  • Om risiko te minimaliseer
  • Plaasveiligheid
  • Die regering se onbetrokkenheid by Landbou

Nollie sluit af met dié raad vir ander boere, “My motto in die lewe is: ‘Daar is niks so seker in die lewe soos verandering nie.’ Vir nuwe toetredes tot die landbou sal ek sê: Sorg dat jou kontantvloei op ‘n gesonde basis is, delg jou skuld-las so gou as moontlik en benut die wisselkoers deur buitelandse kapitaal in jou boerdery te investeer.”

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Boer van die Maand: Martli Slabber

Boer van die Maand: Martli Slabber

Die Boer van die Maand reeks fokus op gewone mense, hul boerderyondernemings, leefstyl en hul unieke uitdagings. Ons kyk ook na die groter gemeenskap en...
Fall Armyworm and its Allies

Fall Armyworm and its Allies

Integrated pest management remains key in ensuring the tools that are developed for farmers to combat pests and diseases, remain relevant for as long as...
Global Sustainable Technology and Innovation

Global Sustainable Technology and Innovation

The Energy and Resources Institute (TERI) in India, in partnership with VITO, a not-for profit research and technology organization in Belgium, along with other partners...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements