Die heuningmakers se toekoms is op die spel

Honey bees threatened

Daardie bottel op die rak met die goue, stroperige vloeistof is uiters gesog by alle mense alhoewel dit ‘n plaas se prys is. Sedert oertye is heuning nie alleen die natuur se wondergawe as soetgoed vir die mens nie maar ook die bron van baie geneeskundige waarhede omdat dit heeltemal natuurlik is en mikro-hoeveelhede natuurlike geneesmiddels bevat. Dit was eers in die 20e eeu wat mense die besondere waarde van die heuningmakers ontdek het toe iemand besef het hulle is verantwoordelik vir bestuiwing van natuurlike plantegroei en ‘n groot persentasie voedselgewasse.

Dit is ondenkbaar dat mense nie die grootste respek vir bye het nie en soms wil ek bye met perde vergelyk. Oor die aarde heen is perde in een of ander vorm nog altyd verbind aan die voortbestaan en vooruitgang van die mens en dis selde dat daar ooit berigte van grootskaalse perde-uitwissing in die media is. Tog, as dit by die heuningby kom, is ons in Suid-Afrika al goed gepeper met berigte oor bye wat op groot skaal vergiftig word. In die afgelope drie jaar was daar nie minder nie as drie grootskaalse bye-uitwissings in die Wes-Kaap as gevolg van plaagdoders. Die prys is betaal nie alleen deur die bye nie maar ook deur die byeboere wat hul boerderye verloor het.

Verkeerde en onverantwoordelike plaagdodergebruik is die oorsaak van die byesterftes en CropLife SA probeer die saak beredder deur met die Suid-Afrikaanse byebedryf en gewasprodusente saam te werk. Nie alleen bye wat bestuiwingswerk doen word uitgewis nie maar die wilde bye wat hul bestuiwingswerk in die inheemse plantegroei doen word ook aangetas. Dit is ‘n uiters kommerwekkende situasie en veral as gerugte dat bye soms doelmatig doodgespuit word die waarheid is. Sonder bye om te bestuif gaan daar twee goed manifesteer: gewasse gaan nie hulle produkte, soos vrugte, lewer nie en die veldflora gaan nie saad produseer om aan te was nie.

Hoe gemaak om bye te beskerm teen plaagdoderimpakte?

Geen plaagdodervervaardiger het dit al ooit ten doel gehad om bye dood te maak nie. Navorsing tydens die ontwikkeling van ‘n plaagdoder is juis daarop gemik om die moontlike impak van veral insekdoders te voorkom deur spesifieke veiligheidsmaatreëls vir bye op die etikette aan te bring. As daardie maatreëls nagekom word, is die kans vir impak op bye uiters gering. Die probleme begin wanneer etikette nie streng nagevolg word nie. Dit is veral wanneer plaagdoders op gewasse gespuit word wat nie daarvoor geregistreer is nie. Verder is daar metodes van aanwending wat uiters riskant vir bye mag wees, soos wanneer lugbespuiting van imidaklopried op koring onwettig gedoen word en daar kanola naby is waar bye besig is met nektar- en stuifmeelversameling. Die groot evangelie rondom bye en plaagdoders is dus om die etikette streng na te volg, en in besonder die volgende:

  • Gebruik plaagdoders slegs op gewasse waarvoor dit geregistreer is;
  • Wend plaagdoders slegs met die toerusting aan soos op die etikette aangedui;
  • Wend plaagdoders binne die aanwendingsperiode aan soos op etikette aangedui;
  • Volg die bye-veiligheidsmaatreëls soos op etikette aangedui.

Daar gaan noodwendig situasies wees waar bye naby gewasse mag wees wat met insekdoders behandel moet word. Hierdie bye is meestal besig met bestuiwingswerk en is uiters sensitief vir enige plaagdoders wat mag oordryf na die gewasse wat hulle bestuif. Dit is dus noodsaaklik dat die gewasprodusent wat moet spuit, in noue kontak met die byeboer moet wees. ‘n Nuwe slimfoontoepassing, BeeMap Africa, is ontwikkel om as ‘n vroeë waarskuwingstelsel tussen gewasboere en byeboere op te tree. Wanneer die gewasboer beplan om te spuit, sleutel hy sy data in en die selfoon van die byeboer stuur onmiddellik ‘n waarskuwing wat die byeboer vroegtydig in kennis stel van die beplande spuitaksie. Dit sal dan die byeboer kans gee om die korwe genoegsaam te beskerm of te verwyder, te einde vergiftiging vry te spring.

The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

  • Director Griffon Poison Information Centre and Consultant AVCASA, Operations and stewardship manager, CropLifeSA

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
Nampo Cape App

NAMPO Cape App: for an exceptional experience

The Overberg is bustling with activity as we are getting closer to NAMPO CAPE 2019, taking place from 4 – 6 September at Bredasdorp Park...
Soil preparation book

Soil Preparation book for grapevine industries just launched!

A brand new book was just released for the wine and table grape industries. SOIL PREPARATION for sustainable wine and table grape production, by Johan...
Honey bees threatened

Die heuningmakers se toekoms is op die spel

Daardie bottel op die rak met die goue, stroperige vloeistof is uiters gesog by alle mense alhoewel dit ‘n plaas se prys is. Sedert oertye...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements