
Alexander Gibson: Agri Wes-Kaap Santam Landbou se Jongboer van die Jaar 2021
Die 32-jarige Alexander Gibson van Ceres in die Witzenberg Vallei is Woensdagaand 19 Mei tydens ‘n glansgeleentheid in die Paarl as die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar aangewys. Hy sal die Wes-Kaap later vanjaar by die nasionale Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar kompetisie verteenwoordig.
Alexander, wat ‘n B.Agric graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, boer die afgelope 11 jaar op Doornkraal Agri met 300 ha appels en 110 ha pere. Hy was een van vyf deelnemers wat vanjaar om die titel as beste jongboer in die Wes-Kaap meegeding het. “Ek glo as jy vanaand hier sit as ‘n deelnemer in die Wes-Kaap, in die Suid-Afrikaanse omgewing en demografie van landbou, dan het jy in elk geval klaar gewen,” het hy tydens sy aankondiging as wenner gesê.
PF Theron, voorsitter van die Agri Wes-Kaap Jongboerkomitee, het gesê die paneel beoordelaars het weer die jaar ‘n baie moeilike taak gehad om ‘n wenner uit fenominale deelnemers te kies. “Die kompetisie wys elke jaar vir ons dat die landbou se toekoms in goeie hande is, maar dit strek verder as net voedselsekerheid. Die bydrae wat die jongboere in hulle gemeenskappe maak en die waarde wat hulle toevoeg, is wat van ons jongboere ‘n bate vir die land maak,” sê hy.
Lees meer oor Alexander en die ander finaliste in die Mei uitgawe van die tydskrif
Baie geluk, Alexander!
[printfriendly]
Please share this article with your friends!
Related Articles
- All
- Awards
- Business
- Crops
- Education
- Energy
- Featured Article
- Finance
- Health
- Hospitality
- Human Resources
- Irrigation
- Latest News
- Lifestyle
- Livestock
- Recipes
- Soil
- Uncategorized
- Under cover farming
- Water