‘Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’ bekroon

Groot Plaasproe

Die landbou-ekspo-plaaservaring-kombinasie ‘Agri-Expo Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’ is op Donderdag 31 Januarie 2019 met een van die bedryf se prestige-toekennings, naamlik die ROAR-toekenning as ‘Beste Handel- en Verbruikersuitstalling in Afrika’, in die kategorie vir uitstallings groter as 12 000 m2, bekroon. Daar is meegeding teen die room van die uitstalbedryf in Suider-Afrika, met ander prominente uitstallings wat as kategoriewenners aangewys is, waaronder ‘MamaMagic: The Baby Expo Cape Town’ van Exposure Marketing (wat as die algehele wenner aangewys is), ‘Caminex Zambia’ van Specialized Exhibitions Montgomery, asook ‘World Travel Market (WTM) Africa’, ‘Decorex Durban’ en ‘Fire and Feast Meat Exhibition’ van Reed Exhibitions.

Plaasproe en Livestock bekroon

Ann Dalton (Geleentheidsbestuurder) en Isabeau Botha (Kommunikasiebestuurder) van Agri-Expo, met die ROAR-toekenning vir Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe.

Die toekenning is deur AAXO (Association of African Exhibition Organisers) in samewerking met EXSA (Exhibition Association of Southern Africa) by Montecasino in Johannesburg tydens die ROAR-toekenningsgeleentheid oorhandig. Die beoordelaars is kundiges in die bedryf, waaronder Irene Costa (Business Events Africa), Shanna Jacobsen (3S Media) en Lance Gibbons (Film Event Media).
Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, die landbougenootskap wat ‘Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’ jaarliks in Oktober op Sandringham buite Stellenbosch aanbied, is erkenning deur die uitstalbedryf net so ‘n belangrike motivering as die landboubedryf en die publiek se ondersteuning van die projek.

“Agri-Expo se visie is juis om landbou te bevorder deur die aanbied van professionele uitstallings. Hierdie toekenning is nie net erkenning vir Agri-Expo nie, maar vir die groter landboubedryf in Suid-Afrika,” sê Ehlers. “Livestock en Die Groot Plaasproe is oor die afgelope vyf jaar uitgebou tot een van die min geleenthede in Suid-Afrika waar die publiek die totale waardeketting van verskillende landboubedrywe op ‘n toeganklike wyse kan ervaar. Dit het ontwikkel tot ‘n veeldoelige landbou-ekspo wat ‘n tuiste bied aan meer as 20 verskillende projekte wat landbou in sy geheel bevorder – en behels dus ‘n logistieke meesterstuk.”

Agri-Expo Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’ vind van Donderdag 10 Oktober tot Saterdag 12 Oktober 2019 te Sandringham, Stellenbosch plaas. Besonderhede is beskikbaar by www.diegrootplaasproe.co.za of www.livestock.org.za.

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Die Mosterts

Boer van die Maand: Die Mostert-familie

Ons kuier in die Junie uitgawe by die Mostert-familie van Dassenvaley Bpk van Philadelphia. Die boerdery word bedryf deur Tobie en Hanlie Mostert en hul...
Bewaringslandbou

Bewaringslandbou kan mielie-opbrengste hupstoot gee

Mielieboere wat geenbewerking of bewaringslandbou op hul plase wil toepas sal kan baat uit heelwat beter opbrengste tydens droër seisoene, omdat hierdie boerderymetodes hulle toelaat...
Seafood Value Chain

Modern Trends in Agriculture and Seafood Value Chains

An argument can be made that every effort should be made to convert low-value fish into foods for direct human consumption rather than the inefficient...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements