Om koeie te koop

Om koeie te koop

Om die regte koeie te koop is moeiliker as wat baie mense dink. Die aankoopplek, finansiële vermoë van die koper en redes waarom koeie verkoop word dra alles by tot die gehalte van diere wat gekoop word. Daar is ook verskeie risiko’s met die aankoop van koeie. Dit geld vir beide die koper as vir verkoper. Enkele aspekte van die aankoop van koeie word hier bespreek.

1. Risiko’s met die aankoop van melkkoeie

Daar verskillende risiko’s met die aankoop van melkkoeie. Binne die veilingsring is dit net ‘n melkkoei maar besonderhede soos haar werklike identiteit, melkproduksievermoë en –potensiaal (in die geval van verse) is eintlik onbekend. Hiervoor word staatgemaak op die rekords wat die verkoper oor die koei beskikbaar stel. Wanneer dié inligting gerugsteun word deur verkoopstrukture soos ‘n telersgenootskap, ‘n erkende veilingsagent, die melkaantekeningskema en kudde-veearts, raak die prentjie (en waarde) van die koei meer duidelik.

Ongeag dié inligting kan verskeie probleme steeds voorkom wanneer koeie gekoop word. Die oorgang van die bestaande tot ‘n nuwe kudde vind dikwels oor verskeie dae plaas, soos die voorbereiding van die koeie vir die veiling, die dag van die veiling (die hantering van koeie in die veilingsring) en die vervoer van die koeie na die nuwe melkplaas. Veral vir koeie in melk moet hierdie periode so kort as moontlik wees. Met ‘n goeie en betroubare vervoermaatskappy kan koeie wel oor lang afstande vervoer word.

2. Voorbeelde van swak aankope

Dikwels is daar gevalle waar aangekoopte koeie skielik mastitis ontwikkel. Dit kan wees as gevolg daarvan dat die koei in so ‘n toestand aangekoop is of dit ontstaan kort na die veiling. Dit gebeur veral wanneer verskeie melkings oorgeslaan word as gevolg van die veiling en vervoer en mastitis reeds in ‘n beginstadium teenwoordig was. Omdat koeie nie uitgemelk word nie, kan die toestand vinnig ontwikkel.

‘n Ander probleem is waar die melkproduksie van koeie laer is as wat in die verkoopskatalogus aangedui word. Dit kan wees omdat die verkoper die produksiesyfer van koeie kunsmatig verhoog het of andersins voer die nuwe eienaar ‘n laer kwaliteit dieet as op die oorspronklike plaas.

Ander gevalle is waar koeie as dragtig verkoop word en dan later gevind word dat dit nie geval is nie. Dit kan gebeur wanneer koeie redelik onlangs geïnsemineer is en dragtigheid kort na inseminasie bevestig was. Die verlies aan dragtigheid kan ‘n geval wees van waar resorpsie van die embrio plaasgevind het, weens die spanning van die verskuiwing, of dit kan dit wees omdat die dragtigheidsondersoektoets verkeerd was omdat dit te vroeg gedoen is.

Koeie kan ook beserings opdoen tydens hul vervoer na die nuwe plaas. Behalwe dat dit vir koeie uitputtend is om vir lang tye te staan, is daar risiko’s vir beserings met die op- en aflaai.

By die nuwe plaas moet koeie eers apart gehou word voordat hulle by die bestaande koeigroepe gevoeg word. Met nuwe koeie in ‘n groep moet die sosiale rangorde tussen die koeie in die kamp weer verkry word.

3. Die beste plek om koeie aan te koop

Koeie moet uit ‘n gevestigde melkkudde aangekoop word. Baie kuddes hou jaarliks ‘n sogenaamde produksieveiling wanneer surplusdiere te koop aangebied word. Uitverkopingsveiling kan ook oorweeg word. Slagveeveilings is nie goeie plekke om melkkoeie te koop nie. Aankope moet verkieslik so na as moontlik aan die nuwe plaas (of kudde) wees.

The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

  • Research Associate, Faculty of Animal Sciences, University of Stellenbosch

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
Nampo Cape App

NAMPO Cape App: for an exceptional experience

The Overberg is bustling with activity as we are getting closer to NAMPO CAPE 2019, taking place from 4 – 6 September at Bredasdorp Park...
Soil preparation book

Soil Preparation book for grapevine industries just launched!

A brand new book was just released for the wine and table grape industries. SOIL PREPARATION for sustainable wine and table grape production, by Johan...
Honey bees threatened

Die heuningmakers se toekoms is op die spel

Daardie bottel op die rak met die goue, stroperige vloeistof is uiters gesog by alle mense alhoewel dit ‘n plaas se prys is. Sedert oertye...
Posted in

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements