Skip to content

Ontdek 18 ervarings by die 18de SA Kaasfees

SA Cheese Festival

Ontdek 18 ervarings by die 18de Suid-Afrikaanse Kaasfees van Vrydag 26 tot Sondag 28 April 2019 op Sandringham buite Stellenbosch. Dit bied ‘n ware waarde vir geld-ervaring – jou toegangskaartjie koop vir jou inderdaad ‘n hele 18:

1. ‘The Cheese Emporium’: Die hart van die SA Kaasfees waar jy die grootste verskeidenheid kase – ou gunstelinge én innoverende nuwes – onder een dak kan proe en koop.
2. ‘The Italian Experience’: ‘n Splinternuwe toevoeging spesiaal geskep in samewerking met Food Lover’s Market. Kom stap kuier-kuier deur ons piazza en ervaar Italiaanse gasvryheid én gastronomie in oorvloed – van Mozzarella en olywe tot Provolone, Prosciutto di Parma, pasta, pesto en meer!
3. Proe dit eerste: Talle uitstallers benut die SA Kaasfees as ‘n platform om nuwe produkte bekend te stel en die mark te toets – ontdek dit hier vóór dit op die winkelrakke verskyn.
4. ‘The Tasting Room’: Kaas trou hier met wyn, bier en elke nuwe gier. Kom kyk, luister en proe teen geen ekstra koste nie … en ervaar interessante smaakkombinasies saam met bekende ‘foodies’ soos The Kate Tin (Katelyn Allegra) en The Food Fox (Ilse van der Merwe), asook saam met die gewilde Bok Radio Brekfis-duo Wimpie en Le-Lue!
5. Raak ‘n bietjie rustig-dag: Vrydag 26 April ‘n werksdag? Nooit! Dis dan ‘pay-day’ – perfek vir ‘n luilekker kuierdag saam met jou hele boek/tuin/hekel/koffie/rolbal/ryklub! Kyk uit vir ‘Raak ‘n bietjie rustig’-pakkette vir groepe en kom ontdek die fees teen jou eie pas.
6. Ontmoet boetiekkaasmakers: Kom ondersteun entrepreneurs wat ten spyte van die droogte van heinde en verre kom om hul unieke handgemaakte kase aan kaasliefhebbers bekend te stel!
7. ‘Cape Made: Taste the Alternatives’: ‘n Vars van die plaas-versameling van alternatiewe produkte soos olywe, heuning en rooibos te kies en te keur … met winskopies direk van produsente, danksy ‘n vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Landbou.
8. ‘The Cape Made Kitchen’: Kom ervaar proe-proe hoe sjefs van die Private Hotel School toor met kaas, brood en alternatiewe produkte te danke aan ‘n handevat tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Hortgro, die Melkprodusente-organisasie (MPO), Graan SA en Agri-Expo. As ‘n bonus is daar ‘n gratis resepteboek om huis toe te vat!
9. Onthou-oomblikke: Dit raak net beter jaar na jaar! Die SA Kaasfees is ‘n gewilde plek om verjaarsdae en herdenkings te vier (of om jou wederhelf te ontmoet à la glanssjef Bertus Basson!)
10. Boetiek is baas: Ondersteun boetiekvervaardigers terwyl jy nuwe smaakervarings ontdek en leer waardeer – van wyn en bier tot gin met heuning, amandel, boegoe, aarbei of chai!
11. ‘The Ladismith Cheese Carving Competition’: ‘n Daaglikse hoogtepunt in Blossom se Gazebo – skryf gratis by die fees in (plek is beperk). Bewys jou kreatiwiteit, kerf ‘n kaas en wen groot pryse!
12. ‘The Music Gazebo’: Kom geniet jou aankope op die ritme van gewilde plaaslike kunstenaars terwyl jy saam met familie en vriende kuier.
13. ‘The Milk Factory’: Besoek die vriendelike koeie en bokke by die Melkfabriek en wys vir die kleinspan waar die kaas vandaan kom.
14. ‘The Gourmet Lane’: Gewilde kosstalletjies bedien watertanddisse – met net nog meer kaas!
15. ‘The Kiddies Corner’: Ure se pret en vermaak vir die kinders in ‘n veilige omgewing terwyl die ouers ontspan.
16. #SundayFamilyFunDay: Kom geniet ‘n ware #SundayFunday saam met jou hele familie terwyl van die land se beste kase en ander boetiekprodukte net ‘n paar treë weg wag.
17. ‘The Connoisseurs’ Experience’: Daar is slegs 100 kaartjies per dag vir hierdie eksklusiewe feeservaring met skadu-sitplek, ‘n kaasbord, ‘n bottel wyn plus vele ekstras. Opskud, verlede jaar se fynproewers kom almal terug vir meer!
18. Wees veilig: Die SA Kaasfees bevorder die verantwoordelike gebruik van alkohol. Maak gerus gebruik van pendeldienste en taxi’s vir ‘n fees vol gemoedsrus.

Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl.

Kaartjies kos R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar R20. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Kaartjies vir ‘The Connoisseurs’ Experience’ kos R950 per persoon (slegs persone bo 18 jaar) en is beskikbaar by Claudine Wagner by claudine@agriexpo.co.za.

Ontdek meer oor die SA Kaasfees se 18 jaar-viering by www.cheesefestival.co.za, Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
Sire selection to reduce cow size 1100 x 480

Sire selection to reduce the size of dairy cows

Recently, on social media, the size of dairy cows was discussed among dairy farmers. Most held the opinion that there are advantages to cows being...
Biodiversity

African Environment Ministers commit to address environmental crises

At the 17th Ordinary session of the AMCEN all 54 African countries have committed to addressing the key environmental challenges of climate change, land degradation,...
Drought

South Africa’s real water crisis: not understanding what’s needed

A serious multi-year drought in parts of South Africa’s Northern and Eastern Cape provinces has seen a number of small towns threatened by total water supply failures and livestock...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements

Scroll To Top