Skip to content

R300 miljoen samesmelting plaas wynreus op koers vir langtermyn sukses

Bonnievale wines

Die Bonnievale Wynkelder-groep en Wandsbeck Wyne smelt saam en vorm ’n wynmaatskappy met bates van meer as R300m. Die wynkelders in die Robertson-streek se amalgamasie het die stigting van een van die Kaap se grootste wynprodusente, wat as Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk. bekend sal wees, tot gevolg.
Die ooreenkoms volg op samesprekings tussen produsentelede en direkteure wat meer as 15 maande geduur het. Die besluit is Donderdag 29 November by ’n gesamentlike stemming van die aandeelhouer-lede bekragtig.

“Wandsbeck Wyne is opgewonde om met Bonnievale Wynkelder saam te smelt,” sê Wandsbeck-voorsitter, Philbert Lourens. “Wandsbeck het goeie kultivar-diversiteit, ’n unieke styl en -klimaat, wat alles sal bydra tot die groep se doelwitte en prestasies.

“Wandsbeck se ledetal en tonnemaat het die afgelope paar jaar afgeneem en die verwagting is dat die groter maatskappy die produksiekoste sal laat daal en winsgewindheid sal laat styg. Ons het ten doel om ’n goeie ekonomiese- en volhoubare toekoms vir ons lede te skep.”

Volgens die Bonnievale Wynkelder-groep se voorsitter, Anton Smuts, het die veranderende produksie- en bemarkingstoestande hierdie samesmelting-strategie gedryf om produsent-volhoubaarheid en -winsgewendheid, produk-verskaffing en uitbreiding en langtermyn mark sekuriteit en toekomstige groei, te verseker.

“Die bedryf sal ook moet konsolideer en hergroepeer – van beide ’n produksie- sowel as ’n bemarkingsperspektief – om langtermyn volhoubaarheid en dinamiese vooruitgang teweeg te bring. Hierdie amalgamasie skep voorts ’n wyer voetspoor vir terroir-moontlikhede, wat die huidige spektrum versterk en uitbrei.

“Die leierspanne van beide Bonnievale en Wandsbeck, het die noodsaaklikheid identifiseer om ’n aantreklike, dog soliede platform te skep, wat ons druifprodusente aanspoor om nuwe wingerde aan te plant en langtermyn winsgewendheid en groei te verseker.”

Onder die ooreenkoms sal die produksie by die bestaande fasiliteite – drie van die Bonnievale Wynkelder groep en een by Wandsbeck – voortgaan. Elke wynkelder sal op volle kapasiteit funksioneer, met ’n wynmaker en produksiespan in die kelder.

Al die wynmakers bly in hul huidige poste en sal aan die hoof-wynmaker, Marthinus Rademeyer, rapporteer. Die bestuur en administratiewe personeel sal vanuit die voormalige  Bonnievale Wynkelder groep se kantore werk, wat ook die tuiste is van die handelsmerk gasvryheidsentrum en kliëntediens-middelpunt vir beide entiteite.

Die hoof uitvoerende beampte van die Bonnievale Wynkelder groep, John Barnardt, is in dieselfde posisie aangestel as uitvoerende hoof van Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk.

“Die samesmetling is die gevolg van die wedersydse behoeftes van beide organisasies, wat elkeen ver gevorder is op die reis na erkenning vir hul hoë kwaliteit en hoë waarde wyne,” sê Barnardt. “Noudat die ooreenkoms bekragtig is, bied dit die geleentheid om selfs groter toegevoegde waarde en voortgesette mark- en kliënt-ontwikkeling moontlik te maak.”

“Die wynbedryf het geen tekort aan koop-en-verkoop, wynberging en wyndiens-ooreenkomste nie,” voeg hy by. “Op die lange duur sal baie van hierdie ooreenkomste deur veranderende produksie- en marktoestande getoets word. Om die langtermyn marksekuriteit te verseker, bied amalgamasie aan die wynmark die sekuriteit van volhoubare langtermyn verskaffing. Amalgamasie stel ons ook verder in staat om al ons hulpbronne – leierskap, bestuur, druifproduksie, wynproduksie, finansies en bemarking –  saam te voeg.

“Al die spelers voel deel van ’n groter span, wat op sy beurt weer verhoogde vlakke van korporatiewe bestuur en verantwoordelikheid verg.”

Ná die samesmelting is die kelder kapasiteit 40 000 ton.

Bemagtiging bly steeds ’n groot fokus onder Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk. Dit sluit ’n fokus op wingerd-eienaarskap, wat hoofsaaklik deur vryemark vraag-en-aanbod gedryf word, maar met die hooffokus op bestaande plase in Swart besit, verhoogde deelname in middel- en senior wynkelder-bestuur, SEB aandeelhouding in ’n filiaal wynbemarkingsmaatskappy en verhoogde deelname in gemeenskapsprojekte.

Wandsbeck is in 1965 gestig en was tot 2004 as Agterkliphoogte Koöperatiewe Kelder –  vernoem na die gebied waar dit geleë is – bekend. Die wynkelder is sowat 60km van Bonnievale, halfpad tussen McGregor en Villiersdorp. Sy eie handelsmerk-reeks sluit ’n diverse portefeulje rooi- en wit-, droë- en soetwyne, sowel as druiwesap in.

Dit is die tweede amalgamasie wat die Bonnievale Wynkelder groep in 12 jaar afhandel. Die  Bonnievale Wynkelder Koöperatief Bpk. is in November 2006 gestig, na die drieledige samesmelting van Bonnievale-, Merwespont- en Nordale koöperatiewe wynkelders, wat meer as ’n dekade se groei vir die lede-kelders ingelui het.

Die volgehoue fokus op hoë kwaliteit en hoë waarde, het onlangs die opknapping van sy portefeulje en bekendstelling van die River Collection-reeks, wat reeds ’n hele gros plaaslike- en internasionale toekennings ingepalm het, ingesluit.

PWC Robertson het die transaksie as korporatiewe raadgewers ondersteun en Conradie Prokureurs (Worcester) het die regsdienste verskaf.

Author

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
Sire selection to reduce cow size 1100 x 480

Sire selection to reduce the size of dairy cows

Recently, on social media, the size of dairy cows was discussed among dairy farmers. Most held the opinion that there are advantages to cows being...
Biodiversity

African Environment Ministers commit to address environmental crises

At the 17th Ordinary session of the AMCEN all 54 African countries have committed to addressing the key environmental challenges of climate change, land degradation,...
Drought

South Africa’s real water crisis: not understanding what’s needed

A serious multi-year drought in parts of South Africa’s Northern and Eastern Cape provinces has seen a number of small towns threatened by total water supply failures and livestock...

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements

Scroll To Top