Skip to content

Reënvalvooruitsigte vir 2019/20

Reenvalvooruitsigte

Alhoewel bo-gemiddelde reën teen die einde van die 2018/19-somerseisoen oor die sentrale tot oostelike dele van die land voorgekom het, duur die droogte intens voort oor die westelike en suidwestelike dele van die land asook gedeeltes van die Oos Kaap en selfs kolle in Limpopo. Groot gedeeltes van die Somerreënvalgebied is alreeds sedert 2012 in ‘n uitdrogingsiklus met gevolg dat die droogte oor tyd al hoe meer intens word.

Daar moet egter in gedagte gehou word dat die klimaat van Suid-Afrika en selfs globaal neig na semi-siklusse met agtereenvolgende seisoene met onder-gemiddelde reënval, gevolg deur agtereenvolgende seisoene met bogemiddelde reënval. Binne in hierdie siklusse kan daar egter jare wees wat nie tipies is van die siklus nie want faktore soos El Nino en La Nina, die Indiese Oseaan se stand van see-oppervlaktemperature en ander faktore kan sorg dat een of twee seisoene nie tipies van die siklus is nie.

Waar staan ons tans?

Die uitdrogingsiklus wat vanaf ongeveer 2012 heers oor die grootste gedeelte van die Somerreënvalgebied behoort baie naby aan die einde te wees. Ondersteunend hiertoe is die sonvleksiklus wat nou in die toenemende fase van aktiwiteit is wat tradisioneel beter reënvaltoestande tot gevolg het. Die afgelope seisoen is gekenmerk deur ‘n swak El Nino wat soms nie ware El Nino karaktertrekke getoon het nie omdat die koppeling tussen die see-oppervlaktemperature en die oorliggende weerstelsels nie plaasgevind het nie of nie volledig plaasgevind het nie. Daarmee saam het die Indiese Oseaan ‘n redelike mate van verwarming oor die sentrale tot westelike dele gehad wat ‘n reeks van intense tropiese siklone veroorsaak het oor die noordelike dele van Mosambiek, in die binneland tot Malawië en Zimbabwe en ook die suidelike dele van Tanzanië.


The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
GM Crops

GM crops and the developing world

The majority of genetically modified (GM) crops are now cultivated in the developing world. In 2014, around 53% of the 182m hectares (nearly two million square kilometres) of...
Urban Farming

Could the Future of Farming be Urban?

Over the last two centuries, the United States of America has been transformed from a predominantly rural, agricultural nation into an urban one. Currently, over...
Bruinspringkaan

Span tegnologie in vir effektiewe plaagbeheer

Produsente is goed daarop ingestel om plantpeste, siektes en onkruide met plaagdoders te beheer wanneer sulke plae gewasse bedreig. Sulke optrede is meestal reaktief en...
Posted in , ,

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements

Scroll To Top