Span tegnologie in vir effektiewe plaagbeheer

Bruinspringkaan

Produsente is goed daarop ingestel om plantpeste, siektes en onkruide met plaagdoders te beheer wanneer sulke plae gewasse bedreig. Sulke optrede is meestal reaktief en kos gewoonlik ‘n klein fortuin want dit is plaagdoders, spuittoerusting, brandstof en werkerstyd wat alles daarin belê word om plaagbeheer effektief toe te pas. Soms vang plae produsente onkant, soos verlede jaar se Afrika bolwurms wat kanola op ‘n paar plekke in die Wes-Kaap amper ‘n kishou geslaan het. Ons het ook nie die herfskommandowurm se aanslag in 2016 vergeet nie en sluk nog swaar aan die Palmer amarant wat die Douglas-omgewing ingevaar het.

Dit verg wysheid en langtermyn vooruit denke om plae goed vas te vat voordat dit epidemies raak, en ‘n groot deel van die aksie is nie eers aan plaagdoders gekoppel nie. Dit is moontlik om plae te voorspel – amper soos Moses van ouds met die Egiptenare – deur van die wonderwêreld van tegnologie gebruik te maak.

Klimaat

Weersomstandighede is van groot belang by die ontwikkeling en uitbreek van insek– en mytplae terwyl dit nog meer belangrik is by plantsiekte-ontwikkeling. Algemene vogtigheid en hoë temperatuur is ‘n gesamentlike katalisator vir plaagontwikelling. In die ou dae het die waarsêers na die swaeltjies se vlugpatrone gekyk en die weer daarvolgens voorspel, maar in die era van rekenaars en internet is dit oorbodig want alles lê op ‘n skinkbord vir die boer. Weertoepassings (APPs) is op selfone beskikbaar en gee redelik tot hoogs akkurate kort- en langtermyn weervoorspellings. Die Windy App is ‘n ongelooflike stukkie tegnologie wat ten minste 14 dae se weer voorspel met ongekende akkuraatheid. Dit gee data oor temperatuur, reënval, wind, wolkbedekking, vogtigheid, doupunt en vele meer. Vir die boer wat met gewasse boer wat sensitief vir klimaat is, is Windy die antwoord. Neem byvoorbeeld steenvrugte: die nagtemperatuur is bitter belangrik vir die bome omdat soos ons in boereterme sê: “Daar moet voldoende koue-eenhede wees om die bome te laat blom”, en daarmee kan Windy help met voorspellings. Dieselfde geld vir gewasse soos aartappels en tamaties wat uiters sensitief vir swamontwikkeling is (soos roes). Dit help die produsent om voor te berei vir voorkomende swamsiekte beheer en sal mees waarskynlik baie geld spaar en ‘n gesonder gewas lewer.

‘n Plaag soos bruinsprinkane wat meestal die Karooboere se lewe vergal, is ook voorspelbaar in terme van weer. Karoomense weet dat grondvog en temperatuur net die regte waardes moet bereik om die Bybelse plaag los te laat en dus as so ‘n toepassing ingespan word, kan mens voorbereid wees en planne maak om die sprinkane maklik onder beheer te hou voordat hulle begin vlieg.

Verkenning en lokmiddels vir insekplae

Om vooraf te weet as daar ‘n vyand op pad plaas toe is, is strategies en takties baie belangrik, veral vir Lepidoptera plae (larwes van motte en sommige skoenlappers). Daar is ‘n paar tegnieke wat produsente kan toepas waarvan verkenning die goedkoopste is. Motte is naglewende wesens en begin laatmiddag vlieg. Dit is dus nodig dat produsente laatmiddag teen sononder hul boorde en landerye besoek en oplet vir motte wat in groot swerms begin beweeg. By die plaasopstal is daar ‘n maklike manier namens die buitelig om te moniteer want die motte versamel in groot getalle en sit teen die mure. Die oomblik as die produsent sulke waarnemings maak, is die moeilikheid op pad, maar ten minste weet hy dat die plaagbeheer beplan moet word.

Verkenning kan deesdae ook met feromone gedoen word om lank voordat die “motwolke” begin saamtrek, te weet van moontlike infestasies. Daar is alreeds feromone wat spesie-spesifiek is en dit maak die voorspelling van plaaginfestasies nog meer akkuraat vir produsente. Sulke middels is onder Wet Nr. 36 van 1947 as landboumiddels geregistreer en is betroubaar. Die verskaffers van die produkte gee gewoonlik opleiding oor die effektiewe gebruik van die tipe tegnologie en help boere met die vestiging van die netwerk van feromoonlokvalle. Mannetjiemotte haas na die feromone omdat dit die wyfies se geslagslokmiddels na-aap. Wanneer daar meer as tien motte per nag in die lokval beland moet die boer vir sy geveg gereedmaak.

The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

  • Director Griffon Poison Information Centre and Consultant AVCASA, Operations and stewardship manager, CropLifeSA

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Die Mosterts

Boer van die Maand: Die Mostert-familie

Ons kuier in die Junie uitgawe by die Mostert-familie van Dassenvaley Bpk van Philadelphia. Die boerdery word bedryf deur Tobie en Hanlie Mostert en hul...
Bewaringslandbou

Bewaringslandbou kan mielie-opbrengste hupstoot gee

Mielieboere wat geenbewerking of bewaringslandbou op hul plase wil toepas sal kan baat uit heelwat beter opbrengste tydens droër seisoene, omdat hierdie boerderymetodes hulle toelaat...
Seafood Value Chain

Modern Trends in Agriculture and Seafood Value Chains

An argument can be made that every effort should be made to convert low-value fish into foods for direct human consumption rather than the inefficient...
Posted in

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements