Toekomsvisie vir ‘n eenvoudige en effektiewe belastingsisteem

Vereenvoudigde belastingsisteem

Die titel is gebore uit die agtergrond van ‘n komplekse belastingsisteem wat tans bestaan uit sy verskeie belasting wetgewings wat gereeld aangepas moet word om bv. moontlike belastingontduiking te keer, asook die hele proses om die verskillende tipe belastings in te vorder vanaf die belastingpligtige op die regte datum te doen.

Soos enige besigheid, het alle lande se regerings ook goeie kontantvloei nodig om al sy verpligtinge teenoor die land se inwoners na te kom. Sonder genoeg kontantvloei moet regerings ook soos enige besigheid partymaal lenings aangaan om tydelike tekorte aan te vul. Die lenings moet egter terugbetaal word met rente en soos die meeste van ons alreeds weet, is ons eie land se kontantvloei tans nie baie goed nie. Die regering moet lenings ten duurste aangaan om sy tekorte aan te vul. Die tendens kan egter nie vir altyd so aangaan nie, want daar gaan ‘n punt kom waar die besigheid moet besef dat insolvensie sy voorland is. Iets moet daadwerklik gedoen word om moontlike insolvensie af te weer.

Indien ‘n land se regering op ‘n punt kom waar dit nie meer aan sy inwoners die nodige dienste kan lewer nie, sal daar chaos in so ‘n land uitbreek.

Volgens die verskillende belasting wetgewings wat tans bestaan, is SARS die regeringsorganisasie wat die taak/verantwoordelikheid opgelê is om alle tipe belastings in te samel van al sy inwoners (individue) en besighede (maatskappye ens.). SARS kan vergelyk word met ‘n onderneming se debiteure afdeling wat geld moet invorder van die maatskappy se kliënte volgens fakture gelewer vir dienste/verkope. Sonder SARS sal daar geen kontantvloei wees nie en die regering se bankrekeninge sal leeg wees. Die huidige regering het natuurlik die belangrike taak om die nodige infrastruktuur te skep, tesame met ‘n stabiele ekonomiese, politiese en veilige omgewing, waarin sy landburgers hul werk kan verrig en waarin besighede kan floreer.

Die artikel gaan egter nie fokus op die laasgenoemde nie, maar gaan aanneem dat die nodige infrastruktuur tesame met ‘n stabiele ekonomiese, politiese en veilige omgewing bestaan wel. Die volgende vraag is hoe kan ons land deur middel van SARS ‘n baie beter kontantvloei verseker en ook dat belastingpligtiges hul verpligtinge ten volle nakom op die regte tyd en verder ook ten volle eerlik is?

Om die bogenoemde reg te kry, is dit nie die doel om die bestaande belasting sisteem te verbeter nie, maar eerder om radikaal te wees, of soos die Engelse gesegde sê, “Thinking outside the box”, of in Australië, “Thinking outside the square”, en hier in Suid-Afrika, sal twee goeie gesegdes wees “’n Boer maak ‘n plan” of in Xhosa, “icebo lizawzakha“.
Die radikale denke fokus op die volgende twee punte:

Tegnologie

Ons leef tans in ‘n era van geweldige tegnologiese ontwikkeling en nuwe innovasies wat alle aspekte van ons lewens aanraak. Dit is asof daar daagliks nuwe uitvindsels is en dit raak moeilik om by te hou met alles wat verander of wat nuut is op die mark. Die jonger generasie hou daarvan om te weet wat alles nuut is en beproef alle nuwe dinge, die middelste generasie (skrywer ingesluit) kan eenvoudig net nie meer byhou nie en kies net die innovasies wat voordelig is tot hul huidige manier van leef/besigheid doen en die ouer generasie stel gewoonlik net eenvoudig nie meer belang in al die veranderinge nie, want dit is heel moontlik vir die meerderheid onverstaanbaar of onnodig. Dit maak nie saak in watter generasie jy jou tans bevind nie, tegnologie is hier en dit verander teen ‘n geweldige pas.

Die radikale idee wat ek in kort gaan voorstel in die laaste deel van die artikel, gaan geweldig steun op tegnologie en sou volgens my nie eens 10 jaar terug naastenby moontlik gewees het nie.

The full article is for subscribed members only. To view the full article please subscribe. It’s FREE!Log In Register

Author

  • Bestuurder van BVSA Aliwal-Noord in die Oos-Kaap provinsie wat deel vorm van BVSA Bloemfontein (Edms) Bpk. BVSA Aliwal-Noord spits hom veral toe om rekeningkundige en belastingdienste te verskaf aan die klein- en medium grootte ondernemings wat insluit lewendehawe boere en entrepreneurs wat ‘n nuwe besigheid wil begin.

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Water
Nampo Cape App

NAMPO Cape App: for an exceptional experience

The Overberg is bustling with activity as we are getting closer to NAMPO CAPE 2019, taking place from 4 – 6 September at Bredasdorp Park...
Soil preparation book

Soil Preparation book for grapevine industries just launched!

A brand new book was just released for the wine and table grape industries. SOIL PREPARATION for sustainable wine and table grape production, by Johan...
Honey bees threatened

Die heuningmakers se toekoms is op die spel

Daardie bottel op die rak met die goue, stroperige vloeistof is uiters gesog by alle mense alhoewel dit ‘n plaas se prys is. Sedert oertye...
Posted in ,

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements