Verwagte klimaatstoestande vir koringproduksie

Wheat

Koring word hoofsaak in drie gebiede in Suid-Afrika aangeplant met sporadiese kleiner besproeiingsoppervlaktes verspreid oor verskeie provinsies. Die Wes-Kaap is by verre die grootste droëlandproduserende koringgebied gevolg deur die Vrystaat, veral die Oos-Vrystaat. Die Noordkaap produseer uitsluitlik koring onder besproeiing en is die ander belangrike gebied van belang. Koring word ook op kleiner skaal in gedeeltes van Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga onder besproeiing aangeplant. Al hierdie gebiede of produksietoestande is onderhewig aan verskillende tipes risiko’s.

Met ‘n baie laat begin van die Wes-Kaap se reënval vanjaar is aanplantings baie laat gedoen. Interessant is dat die laaste byna dekade in beide die Swartland en Suid-Kaap gekenmerk is deur ondergemiddelde reënval in die April/Mei-periode wat boere onder druk plaas om betyds te kan plant. Reënvalverwagtings vir die res van die 2020-seisoen is nie gunstig vir Wes-Kaapse koringproduksie nie en die meeste voorspellings dui op gemiddelde tot ondergemiddelde reënval. Indien reënval egter op die regte tye val, kan dit steeds aanvaarbare tot goeie opbrengste tot gevolg hê maar dit lyk na ‘n hoë risiko seisoen vir Wes-Kaapse koringproduksie.

In die Vrystaat waar droëlandkoring hoofsaaklik op opgegaarde vog van die vorige somerreënvalseisoen geproduseer word, het die Oos-Vrystaat vanjaar ondergemiddelde somerreënval gehad alhoewel daar reën in April voorgekom het. Bethlehem het byvoorbeeld in totaal vanaf die begin van April 2020 ongeveer 60mm gehad en Frankfort verder noord ongeveer 90mm. Daar was egter slegs twee of drie geleenthede waar meer as 20mm op een slag voorgekom het wat dui dat die effektiwiteit van grondwateraanvulling ook baie laag was. Gegewe ook die ondergemiddelde reënval vanaf Februarie tot einde Maart is grondwatertoestande ongunstig oor groot gedeeltes van die Oos-Vrystaat se tradisionele koringdistrikte. Meer reën het voorgekom in die Sentraal- en Noordwes-Vrystaat waar grondwatertoestande baie meer gunstig is. Boere het egter die afgelope klomp jare reeds wegbeweeg van wintergraanproduksie in hierdie gebiede en is dit onwaarskynlik dat daar nou op groot skaal weer koring aangeplant gaan word en sal landerye waarskynlik eerder gebruik word om vroeë aanplantings van somergrane te doen. Die kanse om reën in September en Oktober te kry wanneer die waterbehoefte op ‘n piek is en die wintergrane op die mees sensitiewe groeistadiums is, is ook baie min. In die laaste 20 jaar het daar net in enkele jare voldoende reën voorgekom om goeie droëlandopbrengste te lewer. Gegewe die huidige neutrale toestande van die ENSO-verskynsel (El-Nino-Suidelike-Ossilasie) is dit gewoonlik ook ‘n verdere aanduiding van ‘n laat begin van die reënvalseisoen wat verwag kan word vir die 2020/21-somerseisoen.

Wat betref die beskikbaarheid van water vir besproeiing lyk toestande oor die algemeen beter. Voldoende water behoort beskikbaar te wees in die besproeiingsgebiede wat afhanklik is van die Oranjeriviersisteem met die Gariepdam wat byna op volkapasiteit is en die Vanderkloofdam op meer as 80%. Ook die Bloemhofdam in die laer Vaalriviersisteem is byna vol. Die Loskopdam wat water voorsien aan die besproeiinggebiede by Groblersdal en Marble Hall is ook byna by vol kapasiteit asook damme wat water aan die besproeiingsgebiede langs die Krokodilrivier voorsien het oor die algemeen voldoende water. Die groot probleem is gebiede wat afhanklik is van water uit die Vaaldam en water uit Lesotho. Die Vaaldam is maar by ongeveer 50% van vol kapasiteit en damme in Lesotho wat water aan die Vaaldam voorsien via die Oos-Vrystaat, is ook baie laag met die Katsedam net bokant 35% en Mohaledam op minder as 15%. Met die reënseisoen wat verby is, kan wateraanvulling eers weer in die mid- tot laatsomer verwag word.

‘n Ander gevaar wat die afgelope paar seisoene groot skades veroorsaak het, was rypskade in die laat reproduktiewe stadiums van ontwikkeling. Daar was erge rypskade teen die einde van Oktober 2019 wat groot verliese tot gevolg gehad het. Rypskades wat tot 100% oesverlies veroorsaak het, het voorgekom. Daar is ‘n tendens van ryp wat baie laat in die groeiseisoen voorgekom het in die laaste klompie jare wat die volhoubaarheid van produksie sonder rypversekering erg bedreig. Haelskade is tradisioneel die grootste risiko vir koring onder besproeiing want die tradisionele oestyd van koring val saam met die begin van die reënvalseisoen. Met die laat aanvang van die reënseisoen die afgelope klompie jare was haelskades minder maar indien reënvalpatrone weer gaan verander, gaan dit steeds die grootste risiko bly.

Opsommend

Produksietoestande vir droëlandkoring lyk oor die algemeen nie baie gunstig nie. Dit is veral die Wes-Kaap en Oos-Vrystaat wat die grootste produksies lewer, waar die risiko groot is. Watervoorsiening vir droëlandkoringproduksie lyk goed met die uitsondering van die gebiede wat afhanklik is van water uit die Vaaldam en vanaf Lesotho.

Gegewe die groot aantal risiko’s betrokke by koringproduksie is dit noodsaaklik dat die regte risikobestuursmaatreels in plek gestel word wat insluit die regte plantdatums vir die regte kultivars, voldoende opgegaarde grondwater vir droëlandproduksie in die Somerreënvalgebied, oorweeg die gevare wat voëls inhou vir klein aanplantings, die gevaar van rypskade en poog om laagliggende gebiede te vermy of so laat as moontlik te plant.

Artikel met trots geborg deur Santam Landbou

Print Friendly, PDF & Email

Please share this article with your friends!

Related Articles

All
  • All
  • Awards
  • Business
  • Crops
  • Education
  • Energy
  • Featured Article
  • Finance
  • Health
  • Hospitality
  • Human Resources
  • Irrigation
  • Latest News
  • Lifestyle
  • Livestock
  • Recipes
  • Soil
  • Under cover farming
  • Water
Die Mosterts

Boer van die Maand: Die Mostert-familie

Ons kuier in die Junie uitgawe by die Mostert-familie van Dassenvaley Bpk van Philadelphia. Die boerdery word bedryf deur Tobie en Hanlie Mostert en hul...
Bewaringslandbou

Bewaringslandbou kan mielie-opbrengste hupstoot gee

Mielieboere wat geenbewerking of bewaringslandbou op hul plase wil toepas sal kan baat uit heelwat beter opbrengste tydens droër seisoene, omdat hierdie boerderymetodes hulle toelaat...
Seafood Value Chain

Modern Trends in Agriculture and Seafood Value Chains

An argument can be made that every effort should be made to convert low-value fish into foods for direct human consumption rather than the inefficient...
Posted in ,

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.

Advertisements